More oggend ontmoet ek my suster!


Ja, die groot dag gaan uiteindelik aanbreek en ek skarrel rond soos ‘n tienermeisie voor haar eerste date!!

Ek wonder wat ek moet aantrek, naels is klaar gecutex en as ek nie verslaap nie, sal die bolla more ook heel sosiaal aanvaarbaar geklits wees.

Ek het eerlik nooit gedink dat ek so sou voel nie! Ek het gedink die dag as ek iemand vanuit my biologiese familie ontmoet, sal dit net ‘n gewone dag wees … maar ek dink die son gaan ‘n bietjie spesialer skyn, die hemel gaan ‘n titseltjie meer blou wees en almal op aarde gaan ‘n bietjie meer vrede ondervind! Ja, ek dink dit gaan ‘n besonderse dag wees!

Posted with WordPress for BlackBerry.

8 comments on “More oggend ontmoet ek my suster!

  1. Ek dink aan jou Maryke!!!!!!!
    Sterkte en ek hoop dit is alles wat jy hoop dit sal wees.
    Ek onthou my eie opgewondenheid toe ek my sussie ontmoet het.
    Dit is ‘n oomblik wat jy NOOIT sal vergeet nie!
    xxx

    Like

Lewer kommentaar op Flintie Stone Kanselleer antwoord