‘n Opregte Vriendin is ‘n Kleinood


Ek het nie ‘n swetterjoel vriendinne nie maar die wat ek het is elkeen vir my baie spesiaal.  Op Facebook het ek ‘n paar baie spesiale virtuele vriendinne wat ek nog nooit ontmmoet het nie, maar hulle is vir my ‘soul sisters’ en elke oggend gaan loer ek gou waarmee hulle hulself besig hou en maak hier en daar ‘n opmerking oor hulle doen en late.

Toe ek in Potch gewoon het – terwyl ek ‘single’ was – het ek baie meer werklike lewe vriendinne gehad as wat ek vandag het.  Maar soos die lewe maar verloop leer mens dat kwaliteit beslis beter is as kwantiteit.

Hier in Klerksdorp het ek een baie goeie vriendin.  Sy het al diep spore saam met my geloop.  Ek en sy deel alles, behalwe my man en ‘n paar ander goedjies.  Sy is die een wat ek eerste bel as ek gelukkig is, die skouer waarop ek kan huil en die geduldige oor wat luister, luister en luister.

Lank terug het sy vir my ‘n ‘canvas’ gegee en ek belowe al (ek dink dis twee jaar) dat ek vir haar ‘n ietsie sal verf.  Maar agv baie goed wat die afgelope paar jaar gebeur het, was ek net nooit lus om my hand aan doek te sit nie.  Maar laas naweek het die lus my beetgepak.

Verstaan mooi, ek is nie ‘n skilder van formaat nie.  Ek het geen klasse gehad nie en teken maar watookal ‘my fancy tickle’.  Ek het geen wanindruk dat ek ooit ‘n groot skilder sal wees wat opgeteken sal word in die kuns gulde se anale nie.  Nee, ek doen dit sommer want dis lekker.

Maar ek wil dit tog graaag met julle deel as julle vir my die geleentheid sal gun.

This slideshow requires JavaScript.

Die twee moet nou gemonteer word en die ‘finishing touches’ moet nog aangebring word.  Ek sal die klaar produk kom wys wanneer dit gedoen is.