My jongste sus(sie) het vandag verjaar


My jongste sus(sie) het vandag 40 geword!  Ek kan nie glo dat sy die groot 4 – 0 geslaan het nie en hier in my kop sal sy nooit ouer wees as my ‘kleinsus’ nie.  Kan ek ‘n ouderdom aan ‘kleinsus’ koppel?  Nee, ek kan nie!  Ek onthou die eerste dag wat ek haar gesien het.  Ek was nog op kleuterskool.  Ek en ouer sus het gespeel en toe kom haal ons pa ons.  Toe ons in die kar klim, sit my liewe moeder daar met die kleine pop in haar arms, toegewikkel in ‘n ligtegeel kombersie.  Ek dink ek het daardie dag my hart op haar verloor!

Ons het ook maar soos enige ander ‘siblings’ baklei en mekaar se hare getrek, maar daar is ‘n band tussen ons wat so sterk is vandag dat niks dit kan breek nie.  Sy het my al in my donkerste ure bygestaan en oor groot hindernisse gehelp en ek glo ek het dit ook vir haar gedoen.

Ek wil net vir haar vanaand sê dat ek haar oneindig baie lief het en dat sy nog altyd net ‘n seën in my lewe was.

My Sister, My Friend

© Leann Stiegman
To me you are an angel in disguise.
Full of intuition, intelligent, and wise.
Always giving and helping through
Good times and bad.
You are the best friend I’ve ever had.
If I had one wish it would surely be
To give you as much as you’ve given to me.
Though I’ve put our relationship through some cloudy days,
You’ve been my sunshine in so many ways.
Through trials and tests, right by me
You stood,
And gave me your hand whenever you could.
Thank you so much my sister, my friend
My gratitude for you has no end.

Source: My Sister and My Friend, Sister Poem http://www.familyfriendpoems.com/poem/my-sister-and-my-friend#ixzz1n9mmlwCV
Family Friend Poems

 

 

By pienkpantoffels Posted in Algemeen
Platteland

Platteland – Die movie


Jip, ek moet karring oor die fliek!  Platteland is seker een van die beste films wat die afgelope tyd in Afrikaans gemaak is.  As jy van goeie akteurs hou en Afrikaanse musiek jou warm om die hart maak, dan is Platteland beslis vir jou.

Die hele storie handel oor ‘n jong vrou wat moet veg vir die behoud van haar erfenis.  Die ‘smirre’ (Steve Hofmeyer) in die verhaal probeer om haar plaas in die hande te kry en stuit vir niks om te kry wat hy wil hê nie.

Daar is heerlike humoristiese oomblikke en ook diep oomblikke waar mens besef … mens bly maar net mens.

Hoekom hou ek van Platteland?

  • Dit is ‘n Afrikaanse prent
  • Goeie akteurs
  • Goeie musiek
  • Die Afrikaner se kroon word deurgaans op hulle koppe gehou.  Niks commengeite en steriotipering nie

Wat hou ek nie van Platteland nie?

  • Isak Davel verskyn gans en al te kort in die storie 🙂

 

Kliek op die prentjie om jou DVD te kry.

Platteland

Platteland DVD

Platteland sorg vir lekker vermaak en hierdie DVD hoort beslis in jou versameling.

Sondag en al sy dinge …


Ek het ‘n heerlike rustige naweek gehad.  Gister het ek en Lifiki gaan DVD’s uitneem.  Moet sê van die drie wat ons uitgeneem het was net een werklik oulik.  Ek dink mense wat films maak moet ander tipe stories uitdink?  Of dalk moet ek my keuses eerder in heroorweging bring?

Maar vandag het ek ‘n dubbeldosis van lekkerte beleef met Platteland wat ek vir die tweede keer gekyk het en natuurlik “Phantom of the Opera”.  Is en sal altyd my gunsteling bly.  Doen jouself die guns en gaan neem hom uit.  ‘n Spesiale ‘treat’ is Sarah Brightman wat aan die einde sing en ook van die vorige ‘Phantoms’ maak hulle buigings.  My tone krul nou nog!

Een ding wat my egter vandag dwars in die krop gesteek het was die Sondag Rapport.  Vir ‘n hele R13 van my Wit Afrikaanse geld word my taal, my kultuur, my erfenis en sommer alles wat Wit is verneder en in die grond ingetrap.  Dit is beslis die 2de laaste keer (volgende week is daar ‘n DVD van ‘n Ge Korsten fliek in) wat ek die Rapport gaan koop.  Al wat ek verder van hulle sal ondersteun is die Onderwysfonds.  Daarmee doen hulle ten minste goed.

Ek sit nou hier met Frank Duval in my ore.  Wie van julle onthou hom nog?  Ek verbeel my sy musiek was op ‘n stadium verban.  Maar ek het ‘n tape van hom gehad wat ek oor en oor gespeel het.  Watter wonderlike herhinneringe roep dit nie op nie!

Hierdie een van hom bly my absolute gunsteling.

Partykeer voel ek ek wil ook net wegvlieg van alles.  Mense se woorde, dinge wat my pla en partykeer as ek verby my ma se foto loop, dan wil ek vlerke hê sodat ek net vir ‘n oomblik weer haar arms om my kan voel.

Ek sit en verlang vanaand.  Nie na iemand wie ek  nie ken nie, maar wel iemand wie ek ken en so baie mis.  Ek droom in die nagte van hom, ek sien sy glimlag, die glinster in sy oë, sy lang vingers wat oor die kitaar se snare streel en hier binne my pyn my moederhart van verlange.

Ek kyk terug oor my lewe en al wat ek kan sê is, ek wens ek het baie dinge anders gedoen.  Wens ek het ander besluite geneem, maar dan dink ek weer …  Ek het die beste gedoen wat ek onder baie moeilike omstandighede kon doen maar as die nag se donker sak, dan troos die verskonings nie.  Dan lê die aanklagtes jou siel bloot en die seer kasty jou gedagtes en daar is geen ontsnappingsroete nie.  Maar gelukkig, as mens weer opstaan, dan skyn die son weer.  Dan hou die dag se dinge jou gedagtes besig en jy kan bietjie rus …. tot vannag.

Maar ek wil nie almal nou ‘down in the dumps’ kry nie want op die einde van die dag, voel ek nie elke dag so nie.  Party gaan dit heel goed dis net wanneer daar goedjies gebeur wat ek onthou en verlang.  Dankie Here vir daardie genade.

Hoop julle het almal ‘n heerlike week en mag Die Here vir julle glimlag en mag sy hand van seëning wyd oor jou uitgestrek lê!

Is Idols werklik ‘n werklikheidsprogram?


Soos julle weet is ek MAL oor Idols en toe my jongste vir my se dat hy wil deelneem, was ek in die wolke!

My gedagte – volgens wat op die TV voorgehou word – was, dat elke inskrywing deur die Terrible 3 (Randall, Unathi en Gareth) ge-judge word, maar dit is glad nie die geval nie.

Daar is ‘n pre-judge deur iemand (ek weet nie wie nie, so ek kan my nie uitspreek oor die pre-judges se kennis van musiek ens nie). Met die pre-judge het jy slegs 1 minuut om die persoon te impress. As jy dit regkry, beweeg jy aan na die ‘director’s cut’. As jy die ‘director cut’ maak, word jy ‘n week daarna eers ingelig van jou sukses.

Eers daarna kom jy te staan voor die drie ‘main katreine’.

Nou wonder ek oor die ‘wooden mics’ en die arme siele wat deur die Groot 3 uitmekaar getrek word? Word hulle spesiaal deurgesit sodat ons – die kykers – kan lag en hulle sodoende die kyker getalle opstoot?

Ek moet se, ek is effe teleurgesteld dat dit nie was soos wat ek altyd gedink het nie. Maar ek sal dit steeds kyk want volgende jaar is ek en jongste weer daar, maar die keer weet ons van beter 🙂

By pienkpantoffels Posted in Algemeen