Man soek Vrou!


Op Facebook kom ek op hierdie Status-opdatering af …

Is daar dalk ‘n jong dame daar buite wat na ware liefde soek. Ek ken iemand wat na ‘n baie ordentlike meisie soek en ‘n man kan bederf. Hy is baie antreklik het baie respek vir ‘n vrou en sal net die beste bied. Pikswart hare groen oe en like ‘n uitdaging. As jy belangstel stuur my ‘n epos na xxxxx@xxxxxxxxxxxxxxxxxxx.co.za met ‘n pic en biekie oor jouself…

Natuurlik is daar baie oooooo’s en aaaaaa’s en ‘ek wonders’ ens.

Nou wonder ek by myself …

Hoekom soek die ou nie self nie?

Ek wonder of mans werklik besef hoe lief ‘n vrou kan hê?

WayneRoberts

Weet jy ek is vrou?

Weet jy ek is vrou en dat jy vlindersag deur my hart moet beweeg?

Besef jy dat jou geluk, jou liefde, jou alles, soos ‘n web deur my lewe weef?

Vat my hand vanaand en kom ons vlieg weg …

Maak oop jou hart en voel my asem deur jou vleg

Sprei jou vlerke my lief, sodat ek in hul koelte rus kan vind

Vou my toe met jou hande en beskerm my teen lewe se wind.

Weet jy dat ek jou liefhet met hart, siel en vlees?

Weet jy dat jou menswees een is met my gees?

As ons saamvlieg met ons gesigte na die son

Sal jou liefde hier in my hart klop en klop soos ‘n drom.

Ja my lief, as jy net kan besef, verstaan

Dat jou liefde, my vryheid se weg oopbaan.

Weet jy ek is vrou?

Weet jy ek is lief vir jou?

Weet jy dat jy nie elke dag jou krag aan my moet bewys?

Dat, deur net jy te wees, gelukkig maak my lewensreis?

Weet jy dat ek oor die Drakensberg vir jou sal loop?

Wel nie kaalvoet nie, maar met tekkies by PEP gekoop?

Weet jy dat ek soos Rageltjie van ouds vir jou sal beskerm

Nie heeltemal kaal nie, omdat ek my oor my plooie ontferm?

Weet jy dat ek altyd vir jou, my lief, daar sal wees.

Dalk nie in vlees, maar altyd in gees.

Weet jy dat as jou woorde soos ‘n vulkaan oor my sproei

My hart se wande in hul hitte verskroei?

Ek vra nie baie, ek vra nie veel.

Ek wil net graag jou lewe met jou deel.

En as ek in die oggend my hare kam en my “magic wand” my gesig omtower

En ek so skalks oor my skouer vir jou loer, weet jy … weet jy rêrig

Dat jy my hart, vir ewig, het verower?

Advertisements

‘n Nuwe dag … Nuwe dinge


Ek het lank gewik en geweeg en toe besluit om te skuif hiernatoe gaan eintlik beter wees.  So ek hoop ek spoor sommer al die ander ook vinnig hier op, anders kan dit ‘n eensame wêreld wees.

 

Soos die spreekword lui – A change is as good as a holiday – en alhoewel die vakansie sopas sy agterent gesien het, het ek ‘n oorheersende behoefte aan ‘n vakansie.

 

Ek dink ek gaan sommer wegspring met een van my blogposts daar van die anderkant af, solank ek rondsnuffel en my voete probeer vind.

 

Ja, ek kry nou die dag ‘n boodskappie op Facebook van ‘n vrou af en sy sê dat sy my graag beter sou wou leer ken, want sy sien my as flambojant.

Hoog in my noppies oor die beskrywing, gaan soek ek dadelik die werklike betekenis van die woord.

Nou wonder ek, is dit ‘n kompliment of ……

 

 

 

1. Highly elaborate; ornate.
2. Richly colored; resplendent.
3. Architecture Of, relating to, or having wavy lines and flamelike forms characteristic of 15th- and 16th-century French Gothic architecture.

4. Given to ostentatious or audacious display.

en daar’s nog

marked by ostentation but often tasteless; “a cheap showy rhinestone bracelet”; “a splashy half-page ad”

En net daar en dan dink ek dadelik aan al my mooi hangertjies, oorbelle en armbande wat in my kamer teen my muur hang.  In alle kleure van die reënboog.  Interessante krale, teksture en party kleure skree ten hemele.  Maar by die regte outfit – is dit ‘n wenkombinasie!  Amper soos Hilda van sewende laan se soet-suur kombinasie met ‘n bietjie gemmer vir die skop.

Ek het nog nooit goud gedra nie.  Het altyd silwer verkies.  Altyd gelag en gesê, ek is maar ‘n cheap meisie.

Ek hou van ‘n potpourri van kleur.  Kleure wat speel, giggel en bloos.  Kleure wat my laat glimlag, laat warm voel en partykeer koel.

Sonder kleur is die lewe vir my maar baie vaal.  En as dit my flambojant maak – then so be it – en dan is dit vir my ‘n kompliment.