Ek wil nie soos my ma wees nie!!


Ons ken almal daardie oomblik, in ons tienerjare, waar ons in soveel woorde vir ons ma’s gesê het “Ek sal nooit soos jy wees nie!” en met ‘n ‘huff’ en ‘n ‘puff’, voete gestamp het tot by ons kamers en die deur vibrerend agter ons toegeklap het.

Die gedagte het vanmiddag by my opgekom toe ek die laaste kruller uit my hare en die snesie van die voorkop (want krullers krap) verwyder het.  En daar besef ek met ‘n ‘pang’ ek is eintlik meer soos sy as wat ek gedink het!  Ek het ook my ‘tupperware’ bak met krullers van alle groottes en deesdae dra ek net maskara en lipstiffie, net soos sy.

Ek vang myself ook baie keer dat ek my laaste sent sal uithaal vir die dogtertjie wat kom ‘borg’ soek vir een of ander stuk skaapafval wat gewen kan word, terwyl ek voor my siel weet ek sal dit nie wen nie.  Ek koop vrugte ten duurste van die straatsmouse want “Ten minste werk hulle” en ek kom op vir my hond as wederhelfte met hom geirriteerd raak.

Ek kan ‘n ‘mean’ aartappelslaai maak net soos sy en ek gooi Roosmaryn in my kerrie.  Ek kook nie groot op Sondae nie en ek besef vandag hoekom sy dit ook nie gedoen het nie – al daai moeite en sweet en binne tien tot twintig minute is als verorber en al wat vir jou oorbly, is die berg skottelgoed (wel die wat nou nie in die oond kan pas nie).

Ek gaan lê ook op Sondae middae met ‘n handdoek oor die voetenend van die bed, want ek het op laat ouderdom agtergekom dis makliker om ‘n handdoek te was as wat dit is om ‘n duvet se ‘inner’ uit te haal, die ding te was en dan die rofstoei om weer daai ‘inner’ binne in die ‘cover’ te kry.

Ek bedek die sondes van die kinders sodat wederhelfte nie ‘n hartpalputasie kry vir die geringste oortreding nie en ek vertel ook my kinders “I love you, but I don’t necessarily have to like you.”

Ek is dankbaar vir klein goedjies in die lewe want die groot goed kom altyd met ‘n prys, en ek bid meer as een keer per dag vir my kinders.

Soos sy, hou ek myself met baie goed besig, want so kry ongelukkigheid nie werklik kans om in die hart vastrapplek te kry nie.  Ek bly laat in die nagte wakker om werk klaar te maak.

So, gaan die lysie aan en aan en ek besef elke dag meer en meer.

Ek begin meer en meer soos my ma optree en dit maak nie meer saak nie want “I fink she’s funky and I love her a lot” EN ek dink sy’s cooler as ekke!

Eintlik wil ek net sê “Happy Mother’s Day” vir Sondag en “I miss you!”

Advertisements

Hier sit ek en staar …


na my skerm en besef ek het so lanklaas iets hier geskryf.  Die wêreld en sy dinge hou my so besig dat ek nie aandag kan gee aan dinge wat ek werklik geniet nie.

Ek was gister erg onhuts oor mense wat moan en groan oor die raskwessie van die twee modelle.  Op ‘n stadium het dit gelyk asof niemand gaan kla oor die tweede model nie, en toe het ek sommer ‘n epos vir die Human Rights Commission gestuur.  Of dit gaan help weet ek nie, maar een ding weet ek, ek het nie net gemoan nie, ek het darem iets gedoen al is dit iets kleins.

Ek haat dit dat rassisme alewig in ons keelgatte afgewurg word en die toppunt is wanneer die verlede oor-en-oor in stories, flieks, sepies en enige ander media op die voorgrond tree.

So het ek my naam nou die dag by ‘n ter plaatse DVD windkel verkrater toe ek ‘n Afrikaans (Yippieeee!!!) DVD raakloop genaamd ‘Skoonheid’.  Daar word egter nie veel van die storie op die agterkant van die houer vertel nie en ek gaan vra toe die dametjie of dit ‘n goeie storie is of “Is dit alweer die opgrawe van ou, dooie en vrot rassistiese en struggle koeie?”

Haar antwoord – saggies terwyl sy tersluiks loer na die dame langs my wat tien teen een deel was van die ‘struggle’ – “Nee tannie, dit gaan oor ‘n man wat op 40 besluit dat hy nie meer lief is vir sy vrou nie en nou eerder vir die ander span gaan bat.”

I rest my case!

By pienkpantoffels Posted in Algemeen