To peace or not to peace


Ag, dis nou sommer net weird om ‘n Engelse opskriffie te maak, NET omdat ek nie weet wat mens nou in Afrikaans sou sê nie – so byt vas, die res is beslis in Afrikaans.

Ek het so ‘n rukkie terug so ‘n ligte bbm, sms, fb message, email onderonsie gehad met iemand wat ek werklik baie liefhet.  Dit was nie lekker nie en om op die einde sommer gedelete te word van die ‘contacts’ was en bly maar vir my ‘n bitter pil om te sluk.

In die verlede sou ek vinnig om verskoning vra – of ek nou reg of verkeerd was – ek sou dit op myself neem om die vrede te herstel want ek haat onmin.

Ek het mos in Julie die 45jaar getref en op daardie dag het ek besluit ek gaan nie meer toelaat dat mense my omkrap nie, ek sal ook nie meer om verskoning vra ongeag nie en ook, as iemand nie ‘n positiewe bydrae tot my emosionele welstand maak nie, hoort hulle nie in my lewe nie.

45 het my op ‘n mate bevry.  Ek het net besluit ek weet wie en wat ek is, ek weet wie en wat ek nie is nie.  Ek het nie meer ‘n ambisie om die wêreld te beindruk nie en onnodige grootpratery maak my sommer die blou blerrie blxmn.

Ek is ook nie ‘n mens wat rondloop soos ‘n miskruier en bolle soek om te rol nie. MAW ek loop nie en moeilikheid maak of soek nie.  Ek is tevrede met wat ek het en wil in hemelsnaam net in vrede leef.

Nou sit ek met die tameletjie – My kop sê, wag maar die vrede sal kom maar my hart sê, gaan maak vrede.  En die 45 jarige in my sê “&*%$^ dit, ek het dit nie nodig nie.”

Al hierdie stemme wat met mekaar redekawel – is te veel vir die ou mens.

Miskien moet ek ‘n blommetjie pluk en “Ek moet vrede maak”, en “&%*#% dit ek het dit nie nodig nie” tot by die laaste blaartjie en as hy op die verkeerde een land, dan sal ek maar nog ‘n blommetjie pluk.

Mag julle almal heerlike vrede beleef.

Advertisements