Lipleklekkerrrrr Kalamari


Ek is mos nou nie ‘n sterk ‘contender’ vir Marster Chef nie, maar partykeer maak ek iets gaar waar ek myself verbaas met hoe lekker dit uitkom.  Dan deel ek dit graag want ek weet, iewers is daar iemand wat al gewonder het hoe mens dit doen – en ook om bietjie te brag.

As mens mos resepte soek vir kalamari is dit altyd ‘vars kalamari’ en nie die gevriesde weergawe nie.  En dit was my groot dilemma.

Toe maak ek maar so:

Haal uit die yskas, inkopiesak en grocery kas die volgende:

400g Gevriesde Kalamari ringe.  Plaas ‘n vergietes in ‘n groot bak en gooi die gevriesde kalamari daarin.  Laat heeltemal ontdooi.  Wanneer die Kalamari ontdooi is, plaas die ringe tussen twee vadoeke, rol op en draai om van oortollige water ontslae te raak. (hierdie is baie belangrik, anders klou die koekmeelblom nie aan die ringe nie)

1 Pakkie Tastic (2 minute) bruin rys en groente

Tartare sous.  Ek het sommer die ook by Spar gekoop.

Die volgende drie moet elk in hul eie bak geplaas word.

1 Koppie koekmeelblom.  Voet 1/2 teelepel sout en een teelepel ‘lemon pepper’ by en roer goed.

3 Eiers.  Voeg bietjie koue water by, so 1 of 2 eetlepels, en klits goed om daai stickirige goeyey goed te breek.  Nie klits tot skuimerig raak nie.

Broodkrummels – ek het sommer by Spar gekoop.

Laaste maar nie die minste nie, 1 bottel Canola olie.

So maak mens:

Verdeel die Kalamari in twee groepe.  (altwee groepe word dieselfde behandel.)

Bedek eers die ringe met die koekmeel, plaas hulle dan in die eiers en dan in die broodkrummels.  Maak seker dat die ringe met elke stap goed bedek is.

Berei die olie en oond voor.

1. Gooi die hele bottel olie in ‘n wok/diep pan en verhit na ‘n matige hitte.  Ek het die Wok op nr 4 gestel.

2. Bedek ‘n bakplaat met waspapier en verhit die oond tot 15 grade celcius.

Wanneer die olie warm genoeg is, plaas die ringe in die olie en los.

Berei nou die tweede groep ringe voor.  Wanneer hierdie voorbereiding van die tweede groep afgehandel is, behoort die ringe in die olie ‘n ligte bruin kleur te hê en sal reg wees om uit die olie gehaal te word.  Plaas die ringe op die voorbereide bakplaat en sit in oond om warm te bly.

Plaas die rys in die mikrogolfoond soos aangedui op die pakkie.

Wanneer die rys klaar ‘gerus’ het, sal die tweede groep ringe ook reg wees.

Skep die rys op ‘n bord en pak die ringe bo-op.  Plaas tartare sous in ‘n bakkie en begin smul.  Glo my, ek het gedink die 400g sou te veel gewees het vir my en Lifiki, maar ek was verkeerd.  Dit was so lekker dat ons alles geswiep het.

Advertisements
By pienkpantoffels Posted in Resepte

Die krag van ‘n kompliment of twee …


Dis wonderlik wat ‘n kompliment vir mens se siel doen.  ‘n Kompliment herinner jou daaraan dat mense raaksien en waardeer wat jy doen!

Ek laat nie sommer kliënte to om my tuis te sien nie, ek weet nie werklik hoekom nie, maar met die spesifieke kliënt het ek vandag nie ‘n keuse gehad nie.

So, draf ek gou deur die huis, tel hier op, steek daar weg, was vlugtig ‘n koppie, trek ‘n tafekleedjie reg – ek is mos nie ‘n eksie-perfeksie huisvrou nie – in voorbereiding vir die besoek van die kliënt.

Ek onthou toe ek van die goedjies teen die muur geverf het en hoe ek dit geniet het – maar die afgelope tyd het ek dit nie meer raakgesien nie.

Die man het hier aangekom met sy persoonlike assistent en hulle was so vriendelik.  Hy is baie beindruk met die webtuiste wat ek vir sy besigheid gemaak het – al het ek gedink hy sal ‘n moeilike customer wees – en dit was lekker om te hoor hoe mal hy daaroor is.

Toe hulle wil ry, toe sê hy vir sy persoonlike assistent, “Hierdie huis het soveel karakter.”  Toe draai hy om en vra my, “Hoe het jy dit gedoen?”

Ek was sprakeloos en nie eintlik geweet wat om te sê nie en iets gemompel van – ek het maar meeste van die goed self gemaak en geverf – waarop hy geantwoord het, “Ek hou daarvan, my huis is so koud.”

Nadat ek hulle afgesien het en ek weer terug in my huis loop, toe kyk ek weer met vars oë na my handewerk en ek sien dit weer raak.

En ja, die res van die dag het ek toe sommer ‘n huppel in my stap!

Verwronge selfbeeld op skool


Dit is eintlik hartseer dat mens eers op ‘n rype ouderdom besef, dat dit wat jy van jouself gedink het op skool, nie noodwendig was wat ander van jou gedink het nie.

Hierdie skrywe word gemaak na aanleiding van drie gebeurtenisse nl:

  • ‘n Reaksie op een van my status opdaterings op Facebook
  • ‘n Friend request op Facebook
  • En ‘n ‘best in class’ nominasie op Schoolfeed

Ek was nog altyd ‘n Idols, (nie hierdie jaar nie) en Supersterre (toe dit nog gewys het) fanatikus en gereeld status opdatering daaroor gemaak op Facebook en eendag, heel uit ‘n onverwagte oord, maak iemand hierdie opmerking:  Maryke, as Idols in ons tyd was, sou jy beslis ‘n wenner gewees het.

My reaksie?

Ek het so ‘n diep hartseer gevoel hier in my binneste want sien, ek het hierdie droom van kleintyd gehad dat ek graag ‘n sangeres wou word.  Ek het deur my skoolloopbaan (wat nie ‘n dawerende sukses was nie) liedjies geskryf en dan weggebêre waar niemand dit kon sien nie.  Ek was wel in die skoolkoor, deelgeneem aan kunswedstryde (en heelparty goue sertifikate gekry) maar self nooit geglo dat ek enigsins goed genoeg was nie.

Na skool het die lewe sulke ‘curve balls’ (agv my eie swak besluie) gegooi, dat ek vir jare nooit gesing het nie.  Maar ‘n paar jaar terug, het ek bietjie begin karaoke en later ‘n CD gemaak (net privaterig en niks fancy nie) maar dis waar dit gebly het.

Vandag wens ek dat juis meer sulke tipe opmerking  op skool gekry het – toe ek agv gebeurtenisse (lees hier die bloginskrywing wat ek daaroor gemaak het) – ‘n ‘all time low’ beleef het.  Ja die een juffrou wat my ligpunt was, het my ondersteun, maar mens glo mos nie as tiener die ouer geslag nie.

En terwyl ek hier tik, dink ek ook, plaas het ek ander mede skoolleerlinge meer ondersteun en ge’boost’, want dit sou sekerlik meer beteken het, as ek meer tyd daaraan bestee het ipv om emosionele energie te vermors deur daagliks my onsekerhede weg te steek agter die rebelmasker.

*****

As gevolg van my werksaamhede op Facebook kry ek redelik ‘Friend requests’ en wanneer daar een kom met die volgende boodskap:

Hi Maryke

Nadat ek baie lank sterk gestaan het teen die facebook verleiding het ek nou uiteindelik Facebook gekry en die eerste persoon wat ek gesoek het, was vir jou.  Ek het al die jare gewonder wat geword het van die girl met die groot hart en nog groter glimlag….

dan kan jy my behoorlik omtik met ‘n veer!  Veral gegewe die feit dat ek die persoon op skool as hiper konserwatief beskou het en ons nie werklik vriende was nie.  Vir een of ander rede het ek altyd gedink dat ek nie in sy vriendekring aanvaar sal word nie en dat daardie groep afgekyk het na my en niks van my hou nie!

Sou dit nie wonderlik gewees het om toe te geweet het wat hy dink.  Nie om ‘verlief en verlore’ te raak nie, maar net om te weet dat iemand gedink het ek het ‘n groot hart.  Om te weet dat iemand dwarsdeur die rebelmasker sien en besef daar is iets moois daar binne.

*****

So het ‘n persoon op Schoolfeed my genomineer as “best in class – creative” genomineer.  En dit nogals van iemand wat ek dit nie van verwag het nie.  Maak nie saak dat niemand anders daarop ge’vote’ het nie, net die feit dat ek genomineer is, is vir my genoeg.

Ek het nie eers besef dat iemand op skool gesien het dat ek eintlik ‘n kreatiewe mens is nie … maar iemand het gekyk en raakgesien.

*****

So vandag wens ek dat elke skoolkind homself (geld vir meisies ook) sal sien deur ander se oë en besef dat ander die mooi/goeie/uitstaande kwaliteite in hom raaksien en dat hulle siening van hom 99% van die tyd beter is as sy eie siening van homself.

Selfbeeld