Ek is bly om te sê …


Dat dit wonderlik afgeloop het.  Ek en my sussie het sommer onmiddellik ge’click’ en gesels asof ons mekaar jare ken!  Baie dankie vir al die bemoediging, goeie wense en positive vibes wat uitgestuur is.  Julle is stunning en great!

 

Ek moet nog so ‘n bietjie herkou aan vanoggend en nog so ‘n bietjie koester teen my hart.  Al wat ek gaan sê is – dat sy ‘n wonderlike mens is en dat ek ongelooflik dankbaar is dat sy bereid is om die pad te stap.  Ek het foto’s gesien, geluister hoe sy vir my almal beskryf en glo my … ek kan nie wag om die ander ook te ontmoet nie.  Maar hierdie eerste ontmoeting sal my beslis altyd die naaste aan my hart lê.

Advertisements

5 comments on “Ek is bly om te sê …

  1. Ek is so bly vir beide van julle.
    Ja koester dit nog so bietjie aan jou hart. Jy het emosioneel nou ontsettend baie om deur te sif en te werk en te verwerk. Neem jou tyd.xx

    Like

  2. Daarsy, ek steem saam met die ander, en met jou, dis herkou en koester tyd. Daarna is dit dalk tyd vir verwoord, as die woorde kom natuurlik. Jou reis tot op hede aangaande jou sussie en biologiese familie laat my hart glimlag. Ek is bly vir jou en alle sterkte voorentoe.

    Like

  3. Daar is ‘n hele paar goed wat dadelik my belangstelling lok, soos, as iemand ‘n skyndood-ervaring gehad het; mense wat vir hulle geloof vervolg word, en nog baie ander. Maar aanneemkinders wat hulle ouers weer vind of ouers wat hulle kinders vind, het my nog altyd getrek soos ‘n magneet. Ek wil weet wat gebeur het, hoe dit die gesin beinvloed het, hoe die persone voel. So, ek het nou net jou blog gelees tot heel onder. Ek is SO bly vir jou vir julle. Want wat ek hier lees maak ‘n hart warm. Dit was ‘n goeie begin. Ek glo dat dat wat volg net wonderlik gaan wees. Hou ons asb op hoogte! (as jy natuurlik so voel!)

    Like

  4. Dit is wonderlik Maryke!
    En ja, herkou vir so lank as wat jy moet.
    Bere die ervaring diep in jou hart.
    Wat ‘n ongelooflike blessing – ek is werklik bly vir jou!

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s