Partykeer moet mens maar …


Hier in die Janse van Rensburg huis, is naweke die tyd wanneer ons ons oë uitkyk aan stories. Maar daar moet ‘n balans gehandhaaf word, sodat ek ook darem die stories kan kyk waarvan ek hou. Stories soos dramas, drama met komedie en stories gebaseer op ware lewens. Hierdie genres pas nie altyd in met Lifiki se gunsteling kykgenot nie. So wanneer Anaconda op die skerm verskyn … dan kyk ek saam.

How-To-Survive-An-Anaconda-Attack

Maar dis nie sommer net vir kyk nie. Nee, jy moet belangstelling toon. So ‘ooooo’ ek op die gepaste plekke en ‘aaaaa’ op die regte plekke en skrik wanneer dit verlang word. Alles terwyl ek dink … hoe op dese aarde kan mense nie raaksien hoe nagemaak dit is nie!

Maar wat my egter opval is die ‘goeie’ akteurs wat in die fliek speel … ek wonder as hulle nou terugdink aan die fliek hoe hulle daaroor voel? Persoonlik sal ek hoop dat die wye wêreld vir ewig sal vergeet dat ek in so ‘n film gespeel het. Jennifer Lopez… rêrig? Owen Wilson???

Ek worstel nou deur Anaconda … maar glo my … Ananconda 3 wag met gesperde kake op channel 112 … en ek maak myself reg vir die gepaste geluide op die regte plekke … IEMAND … RED MY!

Advertisements

14 comments on “Partykeer moet mens maar …

  1. Ja maar kyk. Daar moet limits wees. Ek sal OOK nie Anaconda kyk nie. Wel, nie weer nie. Anaconda 2 en 3? Dis dan wat ek sal reken “Kyk Poppie ek is lief vir jou maar ek kort nog my brein na vandag.”
    Ek lig my hoed (sou ek een dra) vir jou though.

    Like

  2. Hierdie een werk vir my: ek gaan lê op my kort rusbankie voor die TV met deurskynende gehoorstukkies in my hoor en luister na Harry Potter op my iPod, met oë stokstyf op die skerm waar ek niks raaksien nie, omdat ek my multifokale uit posisie gestoot het. Almal aanvaar dat ek ‘n bietjie besimpeld is omdat ek op die verkeerde tye ril en gril, maar dis oukei met my.

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s