O die nostalgie!


Dis die lekkerte van die laataande! Om op youtube rond te grawe en al die ou … ou liedjies op te diep en my ore te bederf met net die mooste en beste!

Wie onthou nog ‘Pop Shop’ op die TV? Elke Vrydagmiddag, dit was vir my ‘n hoogtepunt. Ek onthou ook die ‘vuil’ kyke wat ek van my Liewe Moeder gekry het, want hulle kon nie die nuwerwetse musiek verstaan, wat nog te praat van ‘handle’ nie. Ek onthou dat ‘Another brick in the wall’ vir my my ouers nogals ‘n doring in die vlees was omdat Pa ‘n skoolhoof was en Ma ‘n onderwyseres. Daarom het mens mos maar so half moedswillig die volume knoppie aangedraai as die liedjie op Top 20 gespeel is. ‘n Ander liedjie wat ook baie kontroversieël was, was ‘House of the rising sun’ … en vandag is dit nog ‘n baie gewilde lied.

My pa was ‘n groot ‘fan’ van Rudi Nights (spelling), Leonore Veenemans en my Ma se ‘all time favourite’, Love is a beautiful song en as ‘Amazing Grace’ iewers gesing of gespeel word, dan sien ek haar gesig voor my!

‘n Paar jaar terug het ek hierdie ‘droom’ gehad om ‘n sanger te wees, nogals ‘n CD laat maak en al, maar nie baie vêr gekom nie. Nou luister ek so nou en dan sommer na myself.  http://www.reverbnation.com/marykeanne/songs (Mississipi)

My Liefste Lifiki is weer ‘n groot Dana Winner aanhanger, veral ‘Dreams made to last forever’, en vanaand besluit ek om dit vir hom op YouTube te soek en laat hom toe luister op die foon met die oorfone. Ai, die saligheid op sy gesig … absoluut ‘Priceless’

As ‘n tiener het ek ook ‘n ‘Song to cry by’ gehad, vir wanneer die tienerliefde nie uitgewerk het nie … dan het ek ABBA se ‘The winner takes it all’ oor en oor geluister terwyl die trane geloop het!  En vandag as ek ‘Spirit in the sky’ hoor, dan jeuk die voete om ‘n dansbaan te betree. Maar die wederhelfte is mos met twee linkervoet gebore en nie een van hulle het ‘n tikkie ritme in hulle nie 😦

Ek onthou ook ek en my jongste sus het altyd gesing in die kar. Die mooiste wat ons altyd saamgesing het … Mooiste Griekeland … en ons het ge’harmonize’ soos professionele sangers! Dit was vir my baie lekker.

Ek en oudste sus het die ‘borsel as ‘n mic’ ding gedoen … ‘Hey Mickey, you’re so fine Mickey…’ ai …, as ons kamer se spieëlkas kon praat!

Maar nou het ek genoeg in gister rondgehang. Laat ek die tegnologie afskakel en slaap. Dit word laat!

Advertisements

10 comments on “O die nostalgie!

  1. Nou gaan my gedagtes ook ver terug. Voor TV het ons Vrydagaande LM radio geluister want my pa het daarvan gehou. Jou ouers se keuse is myne ook(om ek meer in hul jare sal wees) Rudi Neitz was my Duitse onderwyser in std 6&7 voor hy Tukkies toe is as lektor. ABBA is nog steeds baie geliefd.

    Like

  2. My ouers wou STUIPE kry oor LM radio se musiek. Ons het nog so ‘n ou Echo valve (Afrikaans?) radio gehad wat sulke blaasgeluide gemaak het soos ‘n befoeterde gans as jy die klank te hard gestel het. Ek het gaan luister na jou Mississipi – klink beter as baie van deesdae se sangers!

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s