Ek hunker …


Het jy al opgestaan en verlang na iemand, maar jy weet nie wie dit is nie? Ek het vanoggend so gevoel maar ek het presies geweet wat (nie wie) ek mis!

Zimbabwe-Food-Recipes-Porridge-reMapfunde-578x300

My pa was in ons huishouding verantwoordelik vir die ontbyt (of ek kan onthou hy het op ‘n stadium die ontbyt gemaak), maar omdat ons 7 kinders was, het die fancy kits onbytkosse omtrent net drie dae gehou. Dus moes die ander oggende pap gemaak word. My jongste sê steeds daar is niemand wat krummelpap soos Oupa Frik kan maak nie!

Maar vanoggend het ek nie lus gehad vir die krummelpap nie, nee, vir die eerste keer in my lewe was ek lus vir die Maltabella pap wat hy gemaak het.  Glad sonder ‘n enkele knop (ek weet nou nie wat is die Afrikaanse woord hier nie) en donkerbruin. Ek onthou hoe ons dan ‘n klont(jie) regte egte botter en baie suiker ingegooi het en dan dit geroer het tot alles opgelos het en net so ‘n titseltjie melk. Dan het ons ewe langtand daaraan geëet want ons het kamtig nie van Maltabella pap gehou nie!  En vanoggend toe proe ek daai pap so in my gedagtes en wens my pa kan dit vir my vanoggend gemaak het – maar nee … hy sit mos nou lekker in Danabaai en hou vakansie!

So hunker ek ook na ander goed …

  • Fietsry sessies, skool toe en terug, sonder om bekommerd te wees oor ongure karakters wat agter die bosse skuil
  • Swem .. toe ek nie omgegee het hoe ek lyk in ‘n swembroek nie
  • My ma se aartappelslaai en haar kerrie-en-rys
  • Die stem sing Maandae oggende in die skoolsaal en voor ons verdaag ‘n gewyde liedjie. Ek onthou nog “Watter vriend het ons in Jesus” baie goed en ons as skool het dit in kanon gesing. Dit was altyd vir my mooi!
  • Sondagmiddag etes met die hele gesin om die tafel … al het dit 60% van die tyd uitgeloop op ‘n twis tussen die kinders
  • Mada, ons speelmaatjie
  • My ma se ingelegde perskes
  • Waarlemoen eet met die ALTYD daaropvolgende ‘smeer’ sessie en dan duik in die swembad
  • Slip-n-slide dag wanneer die swembad se seil na die winter afgehaal is
  • Haasdas se Nuuskas en die vlag wat 12uur in die nag gewapper het
  • My naweek kuiers by my vriendin Koekies
  • Bel vanaf ‘n telefoonhokkie
  • Paaseiers in die tuin soek

Ag daar is nog so baie!  Partykeer moet mens jouself net die tydjie gun om terug te dink en daai ‘warm fuzzy feeling’ te beleef.  Dan kyk mens weer vorentoe want … die lewe en sy realiteite gaan aan.

Waaraan dink jy as jy begin hunker?

Advertisements

20 comments on “Ek hunker …

    • Daardie tye was beslis anders .. dit was asok kinders meer kinders was. Vandag word die arme bloedjies van kleins af in ‘n bluk gedruk en geforseer om te presteer op elke vlak. Ek wonder of hulle weet van vrot eier, siembamba, touspring … hop scotch, wegkruiperjie, wolf-wolf hoe laat is dit …

      Like

  1. ‘n Ou glasie wyn. Met vier ysblokkies is. Met sulke fyn mis wat buite om die glas vorm. Dan druppels maak en uiteindelik afrol. Ai. Vasting is amper verby. My wyse Moedertjie was besonder lief vir “AlmondMilk biscuits.” Dink ek was dit naam. Was in so ‘n seshoekige blou boksie verpak. Enne klapper koekies in ‘n sakkie met rooi op. Weet julle ek het al hot en haar gesoek en kon dit nog nooit weer kry nie. So ek kon my kinders nie daaraan voorgestel het nie. Elke keer as ek Quality str chocie in my kies druk wonder ek ook oor die nefie of dalk niggietjie uit my kinderjare. Was Lucky Numbers. Maar soortgelyk aan die niggietjie van vandag in die pienk boksie. Net was baie lekkerder.

    Like

    • Jy maak my sommer lus vir ‘n glasie wyn … en die boeing is nog nie oor nie! Quality streets was ‘n skaars item in ons huis … maar beslis ‘n heerlikheid. Ek love die lang geel toffies, ek pick hulle altyd eerste uit 🙂

      Like

  2. Hoe lus maak jy my nou vir daardie pap. Volgende trip winkel toe, en ek gaan vir ons ook daarvan koop. Ek vind hoe ouer ek word hoe meer verlang ek na dit wat was.

    Like

  3. Jy vertel dit so lekker dat ek amper lus word vir die pap, maar ek verkies eintlik mieliepap soos wat my pa dit gemaak het lank, lank gelede. Ek is bly ek het jou blog ontdek. Ek gaan weer inloer.

    Like

  4. Sjoe maar daar is heerlike terugflitse wat nou by my verby gevlieg het. Ek het nooit van smaak v Matabella gehou nie. My man was ontbytpap-maker. As hy my nou rerig vir die dag wou omkrap moes hy bruin pap maak. As hy lus was moes hy dit maak as ek nie tuis was nie. Tog is dit nie rerig so sleg nie. Ek sien weetbix maak n glutenfrye kitspap. Raai waarvan? Sorgum! Sal nie die ou naam sê nie.

    Like

  5. Ek twyfel of ek ooit Maltabella pap vir my kinders gemaak het, maar ons het dit in die koshuis gekry. Ek was nogals lief daarvoor.
    My eerste klompie kinders het mieliepap en oats gekry, maar die laaste laatlam? Nee wat…

    Like

  6. Jy laat my verlang! Maltabella kry ons nie. Pienk toffies. Dit is nog iets waarna ek verlang. Later mos beduie hoe ongesond dít is. Niggerballs, jammer seker polities onkorrek. Lekker gelees. Dankie

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s