Nagmerries is nie ‘n man (vrou) se maat nie …


cartoon-pig-having-nightmare

So ‘n paar weke terug was ek heel haantjie uitnek op ‘n mede Facebooker se blad waar ek ge’brag’ het dat ek my anti depressante soos ‘n warm patat gelos het, sommer net so in September laas jaar. Was sommer moeg om elke aand pille te drink. En ek moet eerlik sê, ek het nie nagevolge gehad nie …. tot …

Ek mettertyd agtergekom het dat ek net glad nie kan slaap nie! So, toe is ek terug na die dokter en die .. trap my toe so uit omdat ek die pille net so gelos het. Weer vertel van die brein wat nie Serotonien vervaardig nie, en dat ek mos nou weet ek het die probleem en dat ‘net slaappille’ nie my probleem gaan oplos nie.

So moes ek toe nou ‘hoed in die hand’ gaan omverskoning vra vir die Facebooker en ewe gedwee weer die pille begin drink. Ek slaap darem nou.

Maar jong, as ek nou die aand besluit om ‘n nagmerrie te hê, dan hê ek hom behoorlik! So droom ek dat daar ‘n massamoordenaar in die dorp is. En oral waar ek gaan is mense met elektriese saaglemme in hulle koppe, hulle sit net daar met die lemme wat so stadig woer-woer … en toe op die einde spoor ek die moordenaar op en die probeer toe ook die saagding in my kop plant, maar vir een of ander rede het ek so ‘n laaaaang mes in die hande en ek oorwin hom met ‘n netjiese ooghou. Maar dis toe ek wakker skrik met die alleraaklikgste hoofpyn! Dit klop teen my slape en ek kan skaars deur my oë sien. Strompel toe maar kombuis toe vir ‘n paar Comprals en wonder bo wonder … voor ek die pille moet sluk, is die hoofpyn net weg. Net so … sonder rede!

En hier sit ek nou, 04:30, wawyd wakker en wag vir die son om op te kom!

Gelukkig gaan dit ‘n heerlike dag wees want Lifiki se kinders kom kuier en ek gaan die kleingoed weer sien! Dit maak op vir enige nagmerrie.

Nou gaan ek maar aangaan met werk tot dit tyd is om ‘op te staan’. Hoop julle het ‘n wonderlike dag!

Advertisements

14 comments on “Nagmerries is nie ‘n man (vrou) se maat nie …

  1. Daar word vertel dat drome die asblik van mens se doen en late is..of iets wat jy lees en hoor..word so saamgebondel in die onderbewuste en dan kom dit soos potjiekos in ‘n droom na vore..deurmekaargeskommel..minstens weet ons daai saaglem was toe al die tyd ‘n hoofpyn wat jou gepla het!!

    Like

  2. Hiehiehie – neewat, ek dink die nagmerries is maar omrede van die slaappille. My ma het ook sulke nagmerries gehad wannneer sy haar pille gedrink het. Miskien die liggaam wat teen die simptome stry, weet nie.

    Ekself like natuurlik nie anti-depressante nie, ek sou verkies om eerder die oorsaak/wortels van jou slapelose nagte te identifiseer. Maar, glo ek jy sal die beste weet. Skryf maar weer vir ons sulke lekker stories as jy nie kan slaap nie …

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s