Van een ding is ek seker en dit is …


dat die parra wragtag nie ‘n manel dra nie.

Ek het die laaste tyd baie ‘into’ die skoonmaak ding gekom … meer natuurlik soos in koeksoda, suurlemoen ens. En so in my soeke kom ek af op die eier penarie.

Mens sukkel mos om die doppe af te kry en partykeer kraak een hardedop nog voor hy gaar is.

correct-sadfrog1Toe lees ek raak, dat mens Koeksoda moet ingooi sodat mens die doppe makliker kan afskil. En iewers het ek gelees asyn help ook vir een of ander gekookte eier kwaal. Maar met die ouderdom saam en die nou en dan se geheue verlies, onthou ek nie lekker nie en neem sommer aan dit is om te keer dat die wit nie uitloop as die dop gekraak het nie.

Die konklusie … moet asseblief nie koeksoda en asyn in ‘n pot kokende water gooi nie, die resultaat is dieselfde as wanneer melk oorkook – ‘n totale gemors wat mens sukkel om skoon te maak.

Maar op ‘n meer positiewe noot … my lemoenskille is in die asyn en oor twee weke maak ek blykbaar my huis so skoon dat ek self nie sal kan glo hoe skoon hy is nie.

 

Advertisements

14 comments on “Van een ding is ek seker en dit is …

  1. Dis soos om jou vinger in ‘n pot Marmite te druk en dan dieselle vinger (Marmite en al) in ‘n pot suiker te druk.
    Druk dan die gevolg in jou mond, suig en wag dan vir die oor kook in jou mond…

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s