Almal onder een vlerk


Ek het ‘n ruk terug geskryf oor leënessindroom en ek glo dat as dit ‘n ‘natuurlike’ gebeurtenis is, dan is dit seker makliker om te aanvaar en te verwerk.

Maar as jou kinders van jou weggeruk word (ek praat nie in my geval van dood nie, maar oor ander se invloede, manipulasie en verkeerde besluite) is dit ‘n aanhoudende rou proses wat nie ophou tot jy jou kind terugkry nie.  Klink dit vreemd?  Vir my was dit ‘n werklikheid.  Ek het vir ‘n lang ruk oor my kind gerou, maar daar was nie ‘n graf, begrafnisbrief of as nie.  Net daardie leë gevoel, aande se wakker lê, bekommernis nagsweet, kort van draadgeid, huweliksboodjies op stormwaters en jy’t nie die krag om dit na ‘n veilige hawe te roei nie, onbeantwoorde vrae, onbeantwoorde oproepe, sms’e en geban van sy Facebook profile.

Jy beleef al die emosies van om ‘n kind aan die dood afstaan, met een verskil, jou kind lewe.  Jou oë huil, maar daar is nie trane nie, jou hart pyn en daar’s nie pille nie, familie gee raad maar jou ore hoor nie want daar is net een ding waarop jy konsentreer en dit is – jou kind!

Maar hy is weer terug!!!  Nou nie in my eie huis nie, maar dis ons keuse en die beste is … die kommunikasie kanale is weer oop!  Nou kan ek weer my lewe optel en aangaan.  Dankie Here!

Dan ‘n bietjie slegte nuus …

Ek was Vrydag in ‘n ongeluk.  Ek was oppad om my vriendin op te laai en daarna gou ‘n draai by my pa in die hospitaal te maak.  Ek ry toe voor Game verby in ‘n dubbelbaan eenrigting straat in die regterkantste baan.  So effens voor my is ‘n silwer karretjie aand die linkerkant.  Die besluit dit is ‘n goeie tyd om reg voor my oor die pad – vanaf die linkerbaan – regs in die straat af te draai.  Ek het geen beplanning gehad om te stop nie, want die robot was groen.  En die volgende oomblik is die kar voor my.  Ek het remme aangeslaan en ook regs probeer draai, maar spasie was net te min.  Die gevolg, ek tref die kar op sy sy en stoot hom in ‘n robotpaal in.  Kry steeds nie die kar om stil te staan nie en eindig op met nog ‘n stamp aan ‘n ander voertuig wat langs die straat geparkeer staan.  Die kar is toe in die kar voor hom in en die in die kar voor hom.  In totaal, 5 motors!

Die bestuurder van die silwer kar, hou vol dis nie haar skuld nie, maar my boeke het my geleer jy draai nie vanuit ‘n linkerbaan in ‘n dubbelbaan eenrigting straat regs in ‘n ander straat in nie.  Ek kan wel verstaan – die vrou van Potch ken nie Klerksdorp se eenrigting strate nie en volgens haar woorde – ek was in ‘n enkelbaan – lei ek af syt gedink sy’s in ‘n tweerigting verkeer straat en daar was nie karre van voor af nie en daarom was dit veilig vir haar om te ry.

Ek wys vir julle ‘n paar fototjies:

This slideshow requires JavaScript.

Advertisements

16 comments on “Almal onder een vlerk

  1. Ek wens meer mense wil skryf oor leënessindroom, en hoe hulle dit beleef. Dit is so ‘n werklikheid. Ek het ook nou die dag daaroor geskryf.
    En dan wens ek meer mense wil skryf oor hoe jy jou volwasse kinders hanteer. Dit is vir my so ‘n nuwe veld. Daar is derduisende boeke oor hoe om jou klein kindjie te hanteer, maar as jou kinders uit die huis is verander die spelreëls toetentaal. Dan is als wat voorheen reg was, skielik verkeerd…
    Ek is bly jou kind is terug. Ek was ook al geblok op een van my kinders se facebook. Ek mag kyk, maar nie kommentaar lewer nie. Nou is ek lankal nie meer geblok nie, maar “ek ken my plek!!”. Grootword-kinders… 🙂
    Jammer oor die ongeluk.

    Like

    • Ek dink volwasse kinders is baie moeiliker om te hanteer. Hulle redenasie vermoë is skrikwekkend. My sielkundige het op ‘n stadium geseê dat as mense my vra oor my kinders moet ek sê “Kinders was vir my ‘n ontnugtering :-D”

      Like

  2. Ouch! Ek is jammer oor jou ongeluk, ek wete hoe dit voel. September laasjaar dieselfde oorgekom.

    Oor jou kind – mens het net een ma, al word jy hoe kwaad vir haar. Ek het al vir drie maande nie met myne gepraat nie, maar ek is altyd lief vir haar. Julle sal dinge uitsorteer 🙂

    Like

  3. Ek verstaan hoe jy gerou het, en ook jou dankbaarheid oor die terugkeer van jou verlore seun.
    Jammer om te hoor van die ongeluk… dit is mos soos die vyand werk.

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s