Sommer woorde


Kwistig verf jy my lewe

in skarlaken rooi en donder blou

wat skel teen die mure

wat ek om my hartseer bou.

 

Meng op jou pallet van woorde

tot al die kleure bloei

ineen verstrengel

in my trane geboei.

 

Dis sommer net woorde wat gisteraand by my opgekom het voor ek gaan slaap het, en toe dink ek, ek moet dit iewers neerpen voor ek dit vergeet.

Die mens is maar ‘n vreemde wese.  Hier waar ek vannag voor my rekenaar sit en werk dink ek aan soveel dinge en skielik besef ek dat, alhoewel ek nie altyd so dink nie, ek wel al baie waarhede oor die jare geleer het.  Dis eers wanneer mens in soorgelyke situasies beland, dat jy eintlik besef dat jy al hierdie les geleer het.  Maar pas mens altyd daardie kennis toe?

‘n Paar jaar (baie jare) gelede, wou ek teen almal se raad, iets doen.  Ek het opgestaan vir my ‘regte’, baklei en hardkoppig besluit ek gaan dit doen – come hell or high water!  En vandag as ek terugkyk oor my lewe, besef ek dat elke keer dat ek so hardkoppig oor iets was, het dit gewoonlik in ‘n tragedie/ongeluk of so-iets uitgeloop.  Daarom haat ek dit as iemand sommer net NEE sê omdat NEE, NEE is of OMDAT EK SO Sê, of OMDAT JY ‘N VROU IS of vir enige ander onsinnige rede.  Want daardie persoon plaas my onmiddellik in ‘n situasie dat ek moet baklei vir dit wat ek graag wil doen/hê, en dan kom sit daardie gogga hier op my skouer en fluister, “Baklei maar, jy weet wat gaan gebeur as jy dit doen.”

So het ek eendag na ‘n bakleiery met my man in die kar gespring en besluit EK SAL ry na waarheen ek ookal wou gaan.  Maar die kar se neus was skaars uit die dorp toe oorval daardie vrees my en ek sien hoe skryf ek die kar af – en net daar draai ek om en gaan vra om verskoning en ons ry toe maar saam (Alhoewel hy nie baie gewillig was nie) en geen tragedie/ongeluk het ons getref nie.

Nou wonder ek, is hierdie vrese ongegrond, is ek kinderagtig of het ek iewers die emosionele pad byster geraak?

Ek haat dit ook om mense te oordeel (alhoewel ek dit in menslike swakheid partykeer doen) want as ek begin dink daaraan, dan dink ek – wat as ek dit eendag doen – en niemand het met my genade nie?  Of erger nog – dalk is daar iemand wat sy mes so in het vir my dat daardie persoon tot alle uiterstes sal gaan om my tot vergelding te bring.

Partykeer dink ek hierdie vrese is irrasioneel maar partykeer dink ek dit hou my op die regte pad.

Wat dink julle?  Het julle ook sulke vrese – asseblief sê ja, anders gaan ek nou begin bang word dat ek besig is om mal te word 😀

 

 

 

 

Advertisements

13 comments on “Sommer woorde

  1. HI Maryke,

    Ek glo nie jy raak mal (of is) nie…mens raak net gemaklik in ‘n posisie. Toe ek en die ex nog saam was kon ek ook maar bitter min gewaag het. Maar toe moes ek leer om goed alleen te doen. MAAR nog al die jare het ek familie om my om te help….en laas jaar trek die laaste uit ons dorpie en weereens sit ek vinger alleen, Vrees kry mens soms onder maar soos jy sê, come hell and high water…doen sal ek!
    Vrees is maar in elke een van ons
    xxxx

    Like

  2. Ek is saam jou op die een. so moenie worry nie, jy is nie alleen nie.
    Ek se altyd vrees is wat ons voete plat op die aarde hou en ons nie laat grootkop kry. Enigeen wat se hy/sy het nie vrese nie, jok nie net vir almal rondom nie maar ook homself, en maak sodoende eintlik ‘n bespotting van homself. Dis hoe ek dit sien. En dit vat n baie spesiale, sterk mens om te erken hy het vrese…en jy is een van hulle.

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s