Is Idols werklik ‘n werklikheidsprogram?


Soos julle weet is ek MAL oor Idols en toe my jongste vir my se dat hy wil deelneem, was ek in die wolke!

My gedagte – volgens wat op die TV voorgehou word – was, dat elke inskrywing deur die Terrible 3 (Randall, Unathi en Gareth) ge-judge word, maar dit is glad nie die geval nie.

Daar is ‘n pre-judge deur iemand (ek weet nie wie nie, so ek kan my nie uitspreek oor die pre-judges se kennis van musiek ens nie). Met die pre-judge het jy slegs 1 minuut om die persoon te impress. As jy dit regkry, beweeg jy aan na die ‘director’s cut’. As jy die ‘director cut’ maak, word jy ‘n week daarna eers ingelig van jou sukses.

Eers daarna kom jy te staan voor die drie ‘main katreine’.

Nou wonder ek oor die ‘wooden mics’ en die arme siele wat deur die Groot 3 uitmekaar getrek word? Word hulle spesiaal deurgesit sodat ons – die kykers – kan lag en hulle sodoende die kyker getalle opstoot?

Ek moet se, ek is effe teleurgesteld dat dit nie was soos wat ek altyd gedink het nie. Maar ek sal dit steeds kyk want volgende jaar is ek en jongste weer daar, maar die keer weet ons van beter 🙂

Advertisements
By pienkpantoffels Posted in Algemeen

5 comments on “Is Idols werklik ‘n werklikheidsprogram?

  1. Daar was verlede Saterdag ‘n bespreking van Idols op KFM en hoe dit geskied. Wat ek verstaan is dat die pre-judges wel die mense met musiek kennis is, en hulle moet ongelukkig die buffer wees omdat dit te lank sal neem om deur ALMAL te kan gaan.

    Ek dink wel daar is ‘n mate van reklame betrokke met die wat so horribaal is. Wat natuurlik ‘n groot jammerte is!!

    Like

  2. Ek het dit so paar jaar terug ook beleef met Megan. Ek het daar gesit enluister na kinders wat KAN sing, en dan is hulle doodeenvoudig weggestuur. Hoe later in die dag ook, hoe minder geduld het die pre-judges.

    Like

  3. Ek dink al hierdie “werklikheidsprogramme” gee ons net so ‘n idee van die werklikheid. Hulle redigeer die goed en wys vir ons net wat hul wil, lê klem net waar hulle wil. Persoonlik voel ek ‘n kind moet baie baie mooi dink voor hy/sy aan Idols deelneem, net oor hulle soms so blatant sleggemaak word. Hulle voel so verneder as hulle uitval. Maar dis net my persoonlike mening. Sterkte! Ek hoop jou kind kom volgende keer oor die eerste hekkies!!

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s