Kersfees kom, Kersfees kom,


Ons het sopas ons kar se neus in die rigting van Carletonville gedraai. Die telefoonpale swiep-swiep by ons verby en hier en daar val ‘n verdwaalde druppel van ‘n onlangse reenbui, op die voorruit.

Ek het nou net Son se inskrywing gelees en my hart het sommer so koud geword toe ek lees van die seuntjie wat dood is en ek wonder oor alles waarop hy gaan uitmis. Al sy ma se drukkies en soentjies en sy pa wat saam met hom bal speel, kersgeskenkies, eerste kalwerliefde, dalk kaptein van die eerste rubyspan … soveel moontlikhede in ‘n paar oomblikke uitgewis!

Kersfees is ‘n tyd vir gee. Nie net persente nie, maar van jouself ook! Dis ‘n tyd wanneer mens kan regmaak en om verskoning en vergifnis kan vra. ‘n Tyd waarin ons liefde kan gee en ander se laste ligter kan maak. ‘n Tyd waarin mens kan besin en ons ons norme en waardes kan ‘reset’, omdat mens baiekeer daarvan vergeet in ons dolle gejaag vir oorlewing.

Mag hierdie Kersfees nie onbenut verbygaan nie en vir elkeen wens ek ‘n Kersdag vol liefde, vrede en vreugde. Mag hierdie dag wat ons as Christus se verjaarsdag vier, jou herinner dat jy spesiaal, uniek en van groot waarde is! Onthou dat God sy enigste seun gegee het sodat jy die ewige lewe kan be-erwe en daar is geen groter geskenk as dit nie!

Advertisements
By pienkpantoffels Posted in Algemeen

2 comments on “Kersfees kom, Kersfees kom,

  1. dit is pragtig geskryf , dankie Maryke, laat my ook sommer beter voel omdat ek nie by my pa hulle kan wees nie , ons bly nogal ver van hulle , maar hulle is in my gedagtes en ek kan hulle darem bel xxx

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s