Is jy koud, lou of vuurwarm?


Dis nou ‘n speletjie wat deur die ander b(l)oggers begin is.  Hier is Maankind sin …

Mens wonder baie keer wie skuil agter ‘n blog of ‘n Facebook Profiel.  Daar is partykeer meer bespiegelings en gissings as wat daar onvoorwaardelik aangeneem word dat die persoon eintlik net is wie hulle (sê hulle) is.

Ek het baie vooropgestelde idees oor mense op Facebook, Litnet en Facebook.  En glo my, ek was meer aangenaam verras as iets anders – toe ek van hulle ontmoet het.  Party was baie nicer as wat hulle profielle weerspieël het, ander was ‘n bietjie meer sigbaar, ander ‘n bietjie ouer ens, maar definitief oor die algemeen het ek nog net oulike mense ontmoet en met van hulle wonderlike vriendskappe opgebou.

So ….

“For one day, and one day only” kry jy ‘n kans om jou prentjie van Maryke te toets.  Jy maak ‘n stelling en ek sal dan sê of jy Koud, Lou of Warm is.

Bv Hou jy van Boney M?

Nou warm … want dis Kersfees, die res van die jaar … ysflippenkoud 😀

Hier is die link na my Facebook Profile … as jy my eers ‘n bietjie beter wil leer ken.

Advertisements
By pienkpantoffels Posted in Algemeen

9 comments on “Is jy koud, lou of vuurwarm?

  1. toe ek jonger was het ek van Boney M gehou maar ek is nie so seker ek doen nog nie want ek het nog nooit weer daarna geluister nie , ek weet my oorlede ma was baie lief vir hulle en self BZN , Christmas at sea se musiek album, ek onthou my ma het nog so stapel viniel plate gehad en sy het dit hard gespeel en dit geniet 🙂

    Like

    • Daar is ‘n paar songs van hulle wat enige tyd in die jaar sal luister … Brown girl in the ring, Rivers of Babylon om net twee te noem. Sou nogals graag hulle opvoering wou bywoon, hulle is juis nou in Suid-Afrika 🙂

      Like

      • awesome , brown girl in the ring laat my altyd baie happy voel, en oooooh rivers of Babylon is altyd my favorite van hulle beslis , ek het van hulle gehou omdat my ma so mal oor hulle was , ek het ongelukkig niks van hulle viniel plate nie , ons het voor haar dood vir haar platespeler gegee wat nog die plate kon speel, sy was mal daaroor 🙂 sy het 100 cd’s gehad . Nou hou ek van Linkin park, Adele, en ander groepe. Ek sal maar saam jou moet gaan na opvoering want my man sal beslis nie naby my gaan nie hy hou van sulke goed soos 30 seconds to mars etc 🙂

        Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s