Register van Pedofiele … hoe moeilik kan dit wees?


Ek skryf hierdie na aanleiding van Carte Blanche se insetsel.

Daar is twee registers van Pedofiele wat volgens hulle teen ‘geweldige koste’ beheer word.

En die kersie op die koek … nog groter koste om die twee registers te kombineer in een.

Nou wil ek net weet, hoeveel het dit gekos om slegs 1 (I kid you not) naam op die een register te kry en ‘n indrukwekkende (sarkastisies gestel) 22 op die ander? Net 23 name in totaal terwyl daar blykbaar 30 000 kinders jaarliks seksueel misbruik word?

Watter EKSTRA kostes moet aangegaan word om 23 pedofiel name op 1 pedofiel register te kry?

Hoe lank gaan ons toelaat dat sulke blatante nonsens aan ons opgedis word? Is ons kinders se veiligheid werklik so onbelangrik?

Duisende rande word spandeer om die media se monde te snoer, kriminele soos Selebi te beskerm, jeug byeenkomste te hou terwyl hulle n bespotting daarvan maak … maar ‘n eenvoudige pedofiel register kan nie opgestel word nie?

Hoeveel pedofiele hou vir ons kinders skool, gee vir hulle eksta klasse in kuns, sport en wiskunde, gee vir hulle Sondagskool en is ‘n integrale deel van ons kinders se vormingsjare … en ons as ouers het geen manier om seker te maak dat ons kinders werklik veilig is nie!

Dit ontstel my geweldig om te dink dat ons kinders uitgelewer is en ons leier vee hulle agterstewe daaraan af!!

Advertisements

7 comments on “Register van Pedofiele … hoe moeilik kan dit wees?

  1. Dit kon lagwekkend gewees het ,as dit nie so dem sad was nie. Ek din die oplossing mag dalk wees as meer families eise teen die staat instel omdat hulle nie ons kinders kan beskerm nie. Die register kan self ‘n paar trein passesiers wettige geleentheid gee om te skep terwyl dit pap reën.

    Like

  2. Terug pieng: Sewe Skandes, Sondes of Sommernet « Kouevuur

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s