Bobotie Frikkadelle


Ek moes die naweek ‘n ‘eie resep’ gee met die kombuistee. Glo my, ek het probeer. Spesiaal kaartjies gekoop waarop ek dit kan skryf. Daar was 5 kaartjies in die pakkie. Een het ek gebruik om ‘n boodskappie op te skryf en die ander vir ‘in case’ ek verkeerd spel. Teen kaartjie nommer vier, moes ek maar in my vriendin se resepteboek induik, ‘n resep uitsny en dit op ‘n amper kreatiewe manier aanbied.

 

Maar vandag plaas ek sommer hier een van my ‘eie resepte’ vir haar om te lees as sy nie weet wat om te maak nie J

Benodigdhede:

  • 1,5 eetlepel (groot eetlepel) chutney – ek gebruik Pynappel blatjang net om bietjie anders te wees
  • 1 eetlepel kerriepoeier – kies maar self die hittegraad
  • ½ eetlepel borrie
  • 1 eetlepel suiker
  • 1,5 eetlepel asyn
  • Sout en peper na smaak
  • 1 sny brood in bietjie melk geweek
  • 1 eier
  • Margarien en olie – as jy wil
  • ½ kilogram goeie maalvleis
  • Broodkrummels

Metode

Rasper die helfte van die ui en voeg alle bestanddele by behalwe die ander helfte van die ui, botter en olie

Voeg die vleis by

Mush alles sommer so met die hand saam en meng goed.

Gooi bietjie olie onder in jou pan en skep so vier halwe eetlepels margarien randomly in die pan.

Sny die laaste helfte van die uie in die pan

Maak bolletjies van die maalvleis, rol dit in broodkrummels en pak bo-op die uie.

Sit ‘n deksel op en plaas op die stoof. Nou, ek is ‘n groot voorstaander van ‘preserving energy’ so, die plaat moet op so ‘n lae hitte gestel wees sodat jy nie elke vyf minute stoof toe moet hardloop om die kos op te pas nie.

Nou kan jy jou glasie wyn (soos julle kan sien is my glas wyn nog vol soos hy was toe ek begin het) vat en gaan blog – soos ek, of jy kan gaan sewende traan kyk, of tuin natmaak of wederhelfte se pantoffels en koerant aandra.

Gaan loer so oor ‘n halfuur want dan behoort hulle so halfgaar te wees en reg om omgedraai te word. Draai hulle om en gaan rustig aan met jou lewe. Wanneer hulle gaar is, kan jy die plaat bietjie warmer draai en die frikkadelletjies bietjie braai.

Bedien die volgende slaaie daarby:

  1. ‘n Lekker tamatie skyfie slaai – sny tamatie in skyfies en sprinkel sout en peper oor
  2. Piesangslaai – Mr Salad maak dit baie lekker, of sny 2 piesangs in skywe, gooi Grenadella Yoghurt oor en sprinkel fyn neute bo-oor

Enjoy!

Advertisements
By pienkpantoffels Posted in Resepte

5 comments on “Bobotie Frikkadelle

  1. Dis nou die een ding(o en pannekoek natuurlik) wat altyd ‘n flop by my uitkom, dus maak ek nooit frikkadelle nie. Of dis droog binne en onsmaaklik, of die mengsel is te los en dit breek in honderde stukke. Ek het net nie daardie knack nie. Dalk is dit omdat ek so grillerig is vir werk met vleis?, ek sê altyd om iets lekker te kan maak moet mens dit self eet 🙂

    Like

    • Ek maak net goed wat vinnig maak. Niks fancy pancy stuff nie. En as die ander nie like nie … well just to bad. Hierdie frikkadelle is lekker sag en sappig binne. En boonop is hulle lekker koud vir ‘n koue ete. Jy kan dit probeer, dit is flopproof 😀 En jy kan die vleis met ‘n houtlepel roer om bestandele te meng. Ek hou ook nie baie van vleis werk nie.

      Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s