Van waar Gehasie?


Sjoe, ek was werklik lanklaas hier op my blokkie om ‘n inskrywing te maak. Maar ek was/is baie besig met werk en ek is dankbaar daarvoor. Ek loer darem gereeld in en lees die ander se skrywes, beloer hulle fotos en kry saam hulle seer as die lewe druk.

Die lewe gaan mens partykeer so onopgemerk verby dat jy eendag net skielik besef dat jy op ‘n sekere plek in jou lewe staan en dan begin wonder hoe op dese aarde jy daar gekom het.

Die jaar snel na sy einde en partykeer wil ek skree ‘Hokaai!’, net om vir ‘n oomblik asem te haal en te besin. Maar deesdae, met ons dolle gejaag, blyk dit ‘n luukse te wees.

Ek het die afgelope tyd ook baie van mense geleer. Ek het geleer dat maak nie saak hoe edel jou intensies, mens tog maar op die einde aan jouself dink. Geen goeie daad is so edel dat daar nie ‘n geringe voordeel vir jouself is nie, hetsy dit in ‘n tipe van boetedoening is of dalk ‘n poging om aanvaar te word. Ek het ook geleer dat ‘n goeie daad nie waarborg dat daardie persoon, wanneer jy hom nodig het, daar sal wees vir jou nie. Ek het ook besef dat as jy iets vir iemand doen, moet jy nie iets terug verwag nie, want as jy wel iets terugkry, dit net ‘n heerlike onverwagte bonus is.

Ek het ook geleer om verwerping te verwerk. Iets wat ek nog altyd mee gesukkel het en agter ‘n ‘I don’t give a damm’ masker weggesteek het. Maar verwerping is huidiglik ‘n redelike werklikheid in my lewe. Ek het altyd gedink dat as ek opgewonde is oor nuwe ontdekkings in my lewe, en ek dit wil ondersoek, leer ken en deel van my maak, dat die ‘ontdekte’ ook so sal voel. Maar helaas dit is nie so nie. Maar mens moet maar net aanvaar dat dit nie jou skuld is nie en weet dat die ander persoon se verlies is as hy/sy jou nie wil ken nie. Per slot van rekening, kan iets nuuts en onbekend wat nuut en onbekend bly, nie jou lewe verander nie.

Ek het ook geleer dat alle hulp wat jy aanbied nie altyd welkom is nie. Al weet jy die hulp en hand wat jy aanbied die ontvanger daarvan ‘n beter lewe gaan gee. Dan moet mens dit net sonder voorbehoud aanvaar want jy leef nie daardie persoon se lewe nie.

Soos ek hier in die donker sit en wag vir die sonnetjie, besef ek ook dat ek ryklik geseend is. Ek het my gesondheid, ‘n brein wat my selde in die steek laat, ‘n man wat my liefhet, kinders, familie, ryding, dak oor my kop, lekker kossies, krag, geloof, hoop en bowenal … ek leef.

Hoop julle het elkeen ‘n wonderlike dag en ek hoop julle leef hom voluit!

Advertisements
By pienkpantoffels Posted in Algemeen

2 comments on “Van waar Gehasie?

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s