Begrafnisse het maar die manier …


Ja, ‘n begrafnis het die manier om ander onbekende dimensies van mense te openbaar.

My tannie is vandag begrawe en alhoewel ek nie haar drempel deurgetrap het nie, kan ek nooit een oomblik onthou wat sy my sleg behandel het nie. Sy was altyd vriendelik en het altyd sag en mooi gepraat. Daarom glo ek dat haar afsterwe ‘n lee plekkie in heelparty mense se lewens sal laat.

Haar man was ‘n predikant en hy is al jare gelede oorlede. Nie net moes sy in haar leeftyd ook ‘n seun begrawe nie, maar sy het ook ‘n seun wat doofstom is. Sy het haar lewe aan hom toegewy en hom met baie liefde en geduld versorg.

En dit is juis hier waar ek so ‘n wonderlike openbaring beleef het vandag. Ek het vandag gesien hoe my pa hierdie seun van haar onder sy vlerk geneem het en hom met soveel liefde en geduld ondersteun het.

Die twee het langs mekaar voor in die kerk gesit. Hy wat sy ma – die laaste lid van sy gesin – begrawe en my pa met sy welige spierwit kop – wat ook die laaste lid van sy grootwordgesin begrawe. Twee mans saamgesnoer deur ‘n hartseer band van verlies.

Ek het vandag besef dat mens nooit iemand anders ten volle ken nie. Hulle beskik oor die vermoe om jou nog te verras. Ek het ook besef dat as ek my oe gesluit gehou het met verwyte en ‘hoekoms’, ek nie hierdie mooi kant van my pa sou herontdek het nie.

Mag elkeen van ons die ander mense die geleentheid gun om ons aangenaam te verras. Mag die verlede se foute nooit ons harte agter slot en grendel verberg van vergifnis en bevryding nie. Ek is dankbaar dat ek vandag soveel mooi kon ervaar te midde van soveel hartseer!

 

Advertisements
By pienkpantoffels Posted in Algemeen

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s