Die Ontmoeting – My dogter wat ek gegee het vir aanneming


Once there were two women

Who never knew each other

One you do not remember

The other you call mother

Two different lives shaped to make yours one

One became your guiding star

The other became your sun

The first gave you life

And the second taught you to live in it

The first gave you a need for love

And the second was there to give it

One gave you a nationality

The other gave you a name

One gave you the seed of talent

The other gave you an aim

One gave you emotions

The other calmed your fears

One saw your first sweet smile

The other dried your tears

One gave you up – it was all that she could do

The other prayed for a child

And God led her straight to you

And now you ask me through your tears

The age-old question through the years

Heredity or environment – which are you the product of

Neither my darling – neither

Just two different kinds of love

 

* From the book “Saying Goodbye to a Baby” by Patricia Roles

Gister toe ons oppad was na die groot ontmoeting het my emosies vreeslik wipplank met my gery.  Ek moes die heeltyd trane afvee en telke male die CD vervang opsoek na meer opwindende musiek want al die songs wat gespeel het, het my laat huil.

Ek was vreesbevange en het tot voor my Pa gerook om die senuwees te kalmeer 😀

Maar al die bang was pure verniet.  Toe ek by die ontmoet lokaal instap en haar sien het my hart vir ‘n oomblik gaan staan en toe ek in haar oë kyk, was dit asof ek in my eie oë kyk.  Ek het haar vir die eerste keer in 24 jaar teen my vasgedruk en gevoel asof ek haar nooit weer sal laat gaan nie!  Ek wou daardie oomblik laat vries vir ‘n ewigheid.

Ek en my dogter

Ek en my dogter

Sy het die mooiste, mooiste hande.  Ek het my verkyk daaraan.  Haar ma het vertel hoe georganiseerd sy is, alles op hul plek en werk met lysies.  Dit het sy beslis nie by my geërf nie!  Maar sy kan sing en skryf en sy is baie doelgerig en hou van goed om reg te loop.

Hier is sy met haar ma en ek.  Die vrou wat haar grootgemaak het en laat ontwikkel het in die pragtige, volwasse vrou wat sy is.  Hoe sê mens dankie vir haar?  Daar is net nie woorde nie!

Hier staan sy tussen haar twee ma's 🙂

Maar eintlik is ek nie meer haar ma nie. Lankal daardie reg weggeteken 😦 Maar ek weet nie eintlik wat om myself nou te noem teenoor haar nie.

En dan het sy ook haar oupa ontmoet.  Ek moet my hoed vir hom afhaal.  Hy het dit alles so goed hanteer.

Saam met oupa

Ek is dankbaar dat ek haar ontmoet het, dankbaar dat sy haar weg oopgesien het om vir my ‘n klein deeltjie van haar lewe te maak.  Wat meer kan mens vra?

Dinge waaroor ek bly is:

* Sy was gelukkig as ‘n kind – haar woorde “Sy is tevrede met wat sy gekry het en sy verruil dit vir niks”

* Sy is soveel meer as wat ek verwag het.

* Sy is soveel meer vergewensgesind as wat ek verwag het.

* Sy is soveel mooier as wat ek verwag het

* Sy praat so mooi

* Sy het ‘n mooi hart

* Sy weet wat sy wil hê en werk tans hard daarvoor

* Sy het liefde in haar lewe

* Sy is omring met mense wat omgee vir haar

* Sy is gelukkig

En ek?  Ek het nou vrede!  Ek hoef nie meer te wonder nie, ek hoef nie meer te vrees nie want ek weet …. ek het die regte ding gedoen.  Daardie opoffering wat ek 24 jaar gelede gemaak het, het gister vir my een van my grootste vreugdes besorg.  Sonder dit sou ek nie die mens gewees het wat ek vandag is nie.

As daar iemand daarbuite is wat nog wonder of dit ‘n goeie ding is om biologiese familie op te spoor, ek kan jou verseker, dit is die mees wonderlikste gebeurtenis ooit.

Vir die ma wat ‘n kindjie gegee het vir aanneming:

Hou jou kontakbesonderhede op datum te alle tye.  Wees beskikbaar wanneer jou kind jou soek. Maak nie saak wat jou omstandighede is nie.  Jou kind het ‘n reg om te weet.  Net soos ek gister gehoor het dat mediese geskiedenis belangrik is, wil ek vir jou sê, dit was altyd die ergste om ‘n dokter te antwoord, “Ek weet nie wat my mediese geskiedenis is nie want ek is aangeneem.”

Jy, as biologiese mamma het die grootste opoffering gemaak, moet nie die deure sluit vir afsluiting nie.  Glo my, soveel as wat jy wonder, soveel wonder jou kind.  Hulle wil weet waar kom hulle oë vandaan, hoekom hulle sukkel met gewig en hoekom nie, hoekom hulle sekere voorbehoude het.  Hulle wil weet waar hulle talente vandaan kom.  In kort, hulle wil die legkaartstukke laat pas.

Laat jou kind toe om jou te vind en afsluiting te kry.  Glo my, dit sal vir jou ook afsluiting gee.

Vir die ouers wat ‘n kindjie aangeneem het:

Julle het die grootste geskenk gekry wat enige mens kan kry.  Daar is nie groter nie en daar is niks meer spesiaal as ‘n kind nie.  Daarom moet daardie kindjie grootgemaak word as jou eie.  Moenie die waarheid van die kindjie weerhou nie want die noodlot het ‘n manier om alles openbaar te maak.

Ondersteun jou kind as hy/sy begin met die soektog.  Dis nie dat die kind jou wil verwerp nie, hy/sy wil net weet.  Wees ondersteunend en indien moontlik, ontmoet ook die biologiese mamma want sy wil vir jou dankie sê.  Dankie dat jy alles vir haar kind was wat sy nie kon wees nie.  Onthou te alle tye dat jy altyd die kindjie se ouer sal wees.  Die biologiese ouers kan dit nooit wees nie.

Vir die aangenome kind:

Hoe spesiaal is jy nie!  Ek onthou hoe my aanneemma altyd vir my gesê het dat ek spesiaal was omdat sy my kon kies!  Daarom is jy ook spesiaal, want jy is bestel.  Daar is jare vir jou gewag.  Oseane vol trane gehuil vir en oor jou.  Jy is in ‘n huis geplaas wat net vir jou gewag het.  Jy is omring met soveel liefde!

Ek weet jy het vrae, maar wag tot jy reg is voor jy die antwoorde begin soek.  Dit is ‘n groot emosionele ondervinding om deur hierdie proses te gaan.  Onthou dat jou biologiese ma se omstandighede dalk moeilik kan wees.  Hanteer dit met omsigtigheid en met empatie.  Onthou dat sy met baie hartseer, trane en sielswroeging jou gegee het vir ander mense.  Onthou dat sy jou onder haar hart gedra het vir nege maande en ‘n band met jou gevorm het wat gesny moes word agv omstandighede.  Moet haar nie haat nie want jy sal nooit weet waardeur sy moes gaan nie.  Onthou dat sy dit gedoen het om vir jou ‘n beter lewe te gee.  Sy het haar behoeftes onderdruk en jou eerste gestel!  Sy het die grootste opoffering gemaak wat enige mens ooit moet maak.

Probeer om haar nie alleen te ontmoet nie.  Vat iemand saam wat jy kan vertrou.  Werk verkieslik deur die regte kanale want daar is mense daar buite wat enige situasie kan uitbuit.

Bo alles … wees dankbaar vir dit wat jy gehad het want die Here gee vir jou die ouers wat reg is vir jou.

‘n Paar plekke wat besoek kan word vir opsporing:

http://adoptionreconnect.org

http://cousinconnect.com/ (My dogter het hier my boodskap gesien en gereageer)

http://www.facebook.com/groups/37361929018/?ap=1

http://www.facebook.com/groups/290297888033/?ap=1

http://www.adoptedchild.co.za/

Registrateur van aannemings  012 312 7601.

http://savf.co.za/

Advertisements

23 comments on “Die Ontmoeting – My dogter wat ek gegee het vir aanneming

  1. Sy is pragtig, en mens kan so duidelik sien julle is ma en dogter. Ek volg jou storie getrou en die afgelope paar weke moes vreeslik emosioneel vir jou, jou biologiese familie, jou eie familie en gesin, asook jou dogter en haar gesin wees. Gelukkig is al die wonder en soek nou verby, en kan julle almal net ontspan en mekaar leer ken.xx

    Like

    • Dankie dame 🙂 Ek is ook bly al die wonder is nou verby. Ek besef nou eers hoe dit my lewe beinvloed het. Ai, hoe lank het ek nie agter die vals bravade van ‘dit maak nie saak nie’ weggekruip en toe dit gebeur, het ek besef hoeveel dit eintlik vir my saakgemaak het.

      Like

    • Hei Olga, ek is maar stadig met begrip oor die fietspomp?
      Ek sal gelei word deur wat sy van my verlang. Maar ek hoop dat sy wel die behoefte het om my beter te leer ken, want ek wil haar graag beter leer ken.

      Like

  2. Ek dink eendag gaan iemand hieroor iets Google en by jou uitkom, en dit gaan vir daai mens ‘n riem onder die hart wees. Dis wonderlik dat jy hieroor geblog het.

    Like

  3. Ek is so bly vir julle almal se onthalwe, Maryke. Dis was sekerlik vir almal wat betrokke was ‘n baie emosionele saak (ek huil dan selfs). Julle kan almal trots wees op mekaar. Dis ‘n “feel-good” einde. Baie dankie dat jy dit vir ons kom vertel het.

    Like

  4. Oh wow Maryke.
    Ek huil nou so ek kan skaars sien wat ek hier tik.
    Ek is so bly vir jou dat julle mekaar gevind het.

    Ons was baie bevoorreg, my sussie wou ‘n verhouding met ons he, en dit is nou al 2 jaar wat sy in ons lewens is en elke dag leer ons steeds nuwe dinge van mekaar.

    My sussie sal nooit ons ma “ma” noem nie, want soos jy se, sy het ‘n ma gehad, maar, hulle werk hard aan hulle verhouding en daar is maar net iets aan daardie biologiese band wat nie weggevat kan word nie.

    Ek is regtig bly vir jou, en nou kan die gesondword regtig begin
    xxx

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s