Jou lewe is ‘n liriek en net jy kan hom toonset.


Ek het ‘n filosofie dat ‘n mens se paadjie reeds vooruit bepaal is en dat jy die navigator van daardie paadjie is.  Ek glo daar is sekere mylpale vir ons gestel en ons gaan daar uitkom, maar ons besluit self hoe ons daar gaan uitkom en wanneer ons daar gaan uitkom.  Ons aksies en besluite bepaal of ons reguit en vinning die mylpaal bereik of, aan die ander kant, gaan ons ‘n ompad volg om daar te kom?

Deur mens se opvoeding word sekere riglyne vir ons gestel en ons kies self of ons die riglyne deel van ons lewens gaan maak aldan nie.  Mens kry natuurlik goeie riglyne en swak riglyne.  Jy moet self deur dit sif om te kyk watter op jou lewenspad gebruik gaan word.

Dan is daar buite invloede en gebeurtenissie wat veroorsaak dat jy ‘n besluit neem wat heeltemal strydig is met wat jy is en waarvoor jy staan wat geweldige nadraaie gaan hê en jou vir ‘n wyle van jou pad gaan ruk.  Maar wanneer die storms uitgewoed is, verskyn daai lewenspad weer soos ‘n ou bekende en jy kan hom weer stap.  As ons dus leer uit hierdie foute, kan ons die res van ons paadjie in relatiewe vrede stap.

My ma het altyd gesê – dis die mens wat jy anderkant uitkom wat saakmaak.  Dis die lesse wat jy uit jou foute leer.  Die erkenning wat jy kry as jy iets reg doen.  Alles maak van jou die mens wat jy is.

Elke mens wat jy op jou lewenspad ontmoet, vorm jou en elke gebeurtenis slyp jou.  En stadigaan raak mens al hoe sterker om die duwweltjies in jou pad te oorkom.

Jy self besluit of jou lewe ‘n lieflike musikale meesterstuk gaan wees of dalk ‘n ligte populêre liedjie.  Jy kan jou lewe so inrig dat dit ‘n soet ballade is of jy kan ‘n dramatiese heavy metal  inslag verkies.

Ek persoonlik verkies variasie.  Party dae is dit heavy metal – veral aan die begin van die maand wanneer huurders moeilik betaal en party dae is dit ‘n jazz wanneer ek daardie coding na ure se sukkel regkry.  Partydae is dit ‘n populêre liedjie wanneer ek niks het om te doen behalwe om myself op datum te bring met Mr Video se aanbiedinge en partykeer is dit ‘n ballade wanneer die lewe besluit om vir my ‘n wonderwerk te gee.

My gevolgtrekking is dus: as mens al hierdie genres bymekaar gooi, toonset jy wel jou lewe in ‘n lieflike musikale meesterstuk!

Advertisements

14 comments on “Jou lewe is ‘n liriek en net jy kan hom toonset.

  1. Wat dink jy van die teorie/filosofie dat ‘n mens se lewe in siklusse loop – dat daar vir elke drastiese “lewensles” ten minste twee geleenthede in die gewone lewensloop-verwagting sal verbykom?

    ‘n Persoonlike variasie van die tema: manman se lewenspoor is ‘n eie, unieke plaatjie met verwerkings in verskillende genres – soos Klipwerf wat enige plaatjie verander na ‘n lekker stukkie boeremusiek…

    Mense lees wel – en as mense aanhou lees, geniet hulle dit. Mense verkies net om nie altyd te erken dat hulle lees en/of dit geniet nie. Dikwels is stillees meer voordelig as nie.

    Like

    • Jy het my nou aan die dink en ek dink terug aan ‘n paar drastiese lewenslesse en gaan nou kopkrap oor die ‘ten minste twee geleenthede’.

      Ek hou van jou persoonlike variasie. Boeremusiek kan mos ‘n geleentheid vinnig op sy voet bring 🙂

      Like

      • Hmm, daar is die denkskool wie reken Baas Lewe het ‘n boulstyl wat draai-, snel- en goolballe insluit so tot ongeveer 36-40 jarige ouderdom – dis een kolfbeurt of siklus. Dan herhaal die proses homself om manman die geleentheid te gee om dit wat in die eerste siklus van hierdie rondte geleer is, toe te pas in die tweede siklus, sien jy. Van die tipe aflewerings word egter meer as net twee keer geboul, maar elkeen ten minste tweekeer. Die kuns is seker nie soseer of dit so is of nie, maar eerder of ‘n mens die insig in ‘n mens se eie lewe het om die patroon raak te sien? Maar wag, moenie my loslaat oor hierdie tipe nommers nie – ek sal helemal vergeet om op te hou 😳

        Like

  2. Ek dink nie mens maak sekere keuses in jou lewe wat jou paadjie in ‘n ander rigting kan laat loop. Ek dink nie daar is net een einde vir elkeen se lewe nie. Dis amper soos daardie stories waar jy moet kies watter scenario jy volgende na toe gaan en DIT bepaal die einde van die storie. In ‘n boek kan mens teruggaan en elke scenario neem en elke keer ‘n ander einde vir jou storie kry.

    Maar die lewe is nie soos ‘n boek nie, dus kies jy een pad en kry een einde, waar jy dalk ‘n ander einde sou gekry het met ‘n ander keuse. Daarom glo ek ook in reinkarnasie. Jou siel kom terug om weer te kies, en die storie dalk anders te laat eindig. En so hou dit aan, tot jou siel die lesse geleer het wat dit moes leer.

    Ek glo ook mens kan jouself hoeveel keer herdoop, jy bly jy, en iemand wat jou regtig ken, sal jou herken aan enige ander naam 😉

    Like

  3. sjoe, julle is nou diep!!! Maar dink jy nie soms gooi die lewe jou in ‘n ander paadjie as waraan jy ooit gedroom het of wat jy ooit gedink het jou doel in die lewe is nie?? En dan verander jou doel? Of jy verloor dit??

    Like

    • Ag jong, die lewe kan mens partykeer groot curve balls gooi en dan kan baie dinge gebeur. Maar ons het almal maar dieselfde eindbestemming.
      Ek glo maar so op my eie, baie mense dink weer anders, maar op die einde van die dag vorm al ons sienings deel van die groot prentjie wat ons – of eerser ek – nooit sal kan verstaan nie.

      Like

  4. Hi Pienkpantoffeltjie, lekker om jou te ontmoet! Was altyd “Antie Koekie”, maar moet nou eers weer my blogger-familie opbou. Ek’s mal oor jou kuierplekkie—- die rose is pragtig! En jopu skrywes lees so lekker! Sien jou weer…..

    Like

  5. O gits! Ek het weer gaan kyk! Dis nie Pienk Pantoffels wat gevra het ek moet bid vir haar nie, maar iemand anders! Ek raak soms so deurmekaar – seker Ursula wat met my kop foeter!!
    In elk geval, lekker dag!!

    Like

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s