Lyk my ek is nie kommin genoeg …


om getag te word nie, daarom sal ek nou my krullers en sigretjie vat en gaan sulk in die corner.

Maar as ek klaar gesulk het, gaan ek Sondag die res van my nuutgevonde sus se familie ontmoet en verder geduldig wag tot die ander besluit of hulle my wil ontmoet aldan nie.  Maark ek gaan my nie verknies daaroor nie, want dis nogals ‘n groot emosionele ding wat verwerk moet word.  Daarom is dit dalk beter dat mens hulle een vir een ontmoet.

Een van die dae is dit my 44ste verjaarsdag!  Daai groot five O begin al vir my wink met so ‘n leepoog en soos die tyd deesdae verby flits, gaan ek in ‘n ommesientjie die halfeumerk tref.

En hier het ek nou nie ‘n idee wat om verder te skryf nie.  Dis asof die koppie net in sulke kort grepe kan dink in die laaste tyd.

10 comments on “Lyk my ek is nie kommin genoeg …

  1. Terwyl jy sulk oor nie commin genoeg wees nie suig ek die bloed van my duim af waar ek so “glipsie” gehad het met ‘n knipmes en stukkie biltong. Die “admin” dames kla oor die sigaret agter my oor, so laat ek die damn ding tog maar gaan rook.

    Like

  2. Terug pieng: Die pleb in my ontbloot « Daaglikse Dagboek

Los jou mening ...