Kom trap my drempel deur


Oumense het altyd gesê mens moenie iemand se deurdrempel deurtrap nie, of die pap te dik aanmaak nie.

Vandag sit meeste van die mense agter ‘n rekenaarskerm en kuier die wêreld vol, terwyl hulle deurklokkie selde of ooit meer lui.

Ons maak vriende en kennisse met die druk van ‘n knoppie.  Ons leer nuwe vaardighede sonder om die beskerming van ons huise te verlaat.

Een van die dae, sal almal sommer by die huis werk, want wie het in ‘n “global village” kantore nodig?

Die – amper – eerste ding wat ek in die oggend doen, is om te kyk of ek boodskappe het.  Ek loer of iemand ‘n “comment” op poste gemaak het.  Is daar iets nuuts waarvan ek moet weet?

Ek bring vuisboek op datum, antwoord e-mails, kuier hier en daar op ‘n forum, besoek my sites om te kyk hoe die besoekersgetalle groei.  Alles, alles sonder om eers ‘n woord te praat.

Deesdae doen ons baie meer moeite om aanlynvriendskappe aan die gang te hou as wat ons sou doen om ‘n gewone boere – regte lewe – vriendskappe aan die gang te hou.

Ons klets, gee raad, baklei, maak “statements”, dra nuus aan, plak foto’s, skryf gedigte, maak op- en aanmerkings oor ander se probleme, suksesse en nuwe idees.

Die internet gee vir ieder en elk ‘n wonderlike platform om hulself uit te leef!  Maar tog vereensaam mens en persoonlike kontak raak by die dag al hoe minder.

En hierdie laat my dink aan ‘n kleintydliedjie, die hele een nie dalk gepas nie, maar die laaste sinnetjie wel …  (en ek dink nie die woorde is heeltemal korrek nie … ouderdom)

Laat ons skyn vir Jesus
met ‘n helder glans.
Glinster soos die sterre
aan die hemeltrans.
In die wye wêreld
Skyn, ja skyn

Jy in jou klein hoekie ….
en ek in myn …

En so raak die kanse dat iemand my drempel deur sal trap of die pap te dik aanmaak, al hoe skraler by die Gig.

Advertisements

Los jou mening ...

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s